BABEL
 
Wanneer mens ure lank in afsondering voor jou esel staan, is dit noodsaaklik en ook verfrissend, om af en toe ‘n draai te gaan stap in die veld. 
 
Hierdie tyd van die jaar bekoor my in besonder…
dis Gouelokkies weer… nie te warm nie en ook nie te koud nie…
 
Ek loop toe na ‘n ruk die Tarentaalhen raak, waar sy langs die pad met haar 8 spruite drentel. Ek was verras om te sien hoe groot hulle geword het sedert ek hulle laas gewaar het.

Die ma het penregop op aandag ‘cavey’ gehou, terwyl haar kroos sonder ‘n ‘worry’ in die wereld als wat voorkom geskrop en verslind het. 
 
…en daar kom dit, die geluid wat so tipies Afrika is, die klomp begin met mekaar te babbel en toe wonder ek, 
verstaan iemand dalk Tarentaal taal?